33 renosters, 2 olifante in Namibië gestroop

Die Namibiese omgewingsministerie het die jongste renosterstropery-syfers vir vanjaar bekend gemaak. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, is 33 renosters tot dusver vanjaar gestroop, waarvan 24 swartrenosters en nege witrenosters is. Nege renosters elk is op private plase en plase waar renosterbewaarderskap, gestroop, asook 15 in die Etosha Nasionale Park. Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus olifantstropery het ook drasties afgeneem met slegs twee olifante wat vanjaar gestroop.