30 lede van een familie vermis, 20 verdrink op pad na troue

Die Pakistanse regering het bevestig minstens 20 mense is dood en 30 word vermis nadat ‘n oorlaaide boot met sowat 140 mense op die Indusrivier in die sentrale deel van die land omgeslaan het. Volgens amptenare was die boot onderweg na ‘n troue met hoofsaaklik vroue en kinders aan boord toe dit in Sadiqabad omgeslaan het. Berigte dui daarop dat almal aan boord lede van dieselfde familiegroep was. Duikers het byna 90 mense gered.