30 dood in Guinee-Bissau staking

Meer as 30 mense is in Guinee-Bissau dood nadat ‘n staking deur gesondheidswerkers die land se gesondheidstelsel lamgelê het. ‘n Woordvoerder van die verpleegvakbond sê die boikot gaan oor werkstoestande, betaling en ander kwessies. Guinee-Bissau se hospitale is deurgaans swak toegerus. ‘n Regeringswoordvoerder, Fernando Vaz, het in reaksie op die staking gesê die mense wat vir die tragedie verantwoordelik is, sal voor die gereg gebring word.