30 000 kinders in Namibië ontvang sedert 2018 nie toelaes nie

Volgens die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid het 30 000 weerlose en weeskinders nie hul maandelikse toelae sedert 2018 ontvang nie. Volgens Namibiese media het die uitvoerende direkteur in die ministerie, Esther Lusepani, gesê dit is weens die tesourie wat tans nie sy begrotingsvoorsiening kan uitbrei nie as gevolg van die ekonomiese krisis. Die ministerie betaal ‘n onderhoudstoelaag, ‘n pleegouertoelaag en ‘n spesiale toelaag vir kwesbare kinders.