3 van Nampol vas oor korrupsie met buitelanders

Teenkorrupsie-kommissie het die leidende rol gespeel in die hegtenisname van drie polisiebeamptes nadat hulle glo probeer het om buitelandse burgers uit te buit. Konstabels Erastus Hashipala, Gilbert Oweseb en Pinehas Ikanda van die Wanaheda-polisiekantoor in die hoofstad, het op korrupsieklagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Hulle het glo omkoopgeld van tussen 1 000 tot 3 000 Namibiese dollar van tien buitelanders geëis onder die valse voorwendsel dat hulle nie wettige dokumente het nie en hulle in hegtenis geneem sal word. Die drie bly in aanhouding en hul saak is tot 30 Maart uitgestel. Die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, het meer besonderhede.