3 000 pedofiele by Franse Katolieke Kerk

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Franse Katolieke Kerk ongeveer 3 000 pedofiele onder sy personeel in die afgelope 70 jaar gehad het. Die nuus kom na aanleiding van ‘n verslag deur ‘n onafhanklike kommissie se ondersoek na die seksuele skandaal in die kerk wat Dinsdag bekend gemaak sal word. Die ondersoek strek terug tot 1950. Volgens die ondersoek het die kerk in Frankryk 115 000 priesters en beamptes sedert 1950 ondersoek en 3 000 pedofiele bevestig.