29 onbetaalde huislenings draai in mosiehof

Daar was 85 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 31 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring, waarvan 21 reël 108 aansoeke was. Twee voertuie is opgeëis en 29 eiendomme, met uitstaande skuld van 41 miljoen Namibiese dollar moet teruggegee word. ‘n Totaal van 13 lenings ter waarde is 5,1 miljoen Namibiese dollar is betaalbaar. In Maandag se sessie hanteer regters Nate Ndauendapo en Thomas Masuku 103 onverdedigde egskeidings.