28 SA maatskappye neem deel aan vierdag-werksweek

Slegs 28 Suid-Afrikaanse ondernemings het die keerdatum gehaal om deel te neem aan die vierdag-werksweek se aanvangs-projek. Die projek ondersoek die lewensvatbaarheid van ‘n vierdag-werksweek sonder om produktiwiteit in te boet. Die direkteur van Four-Day Week SA, Karen Lowe, sê aangesien werwing eers in September begin het, het die land ongelooflik goed gevaar. Die projek sal deelnemers deur ‘n aanboord-proses neem voordat hulle amptelik op 1 Maart begin.