25 kinders brand dood in Niger-skool

Minstens 25 kinders tussen vyf- en ses-jaar-oud het gesterf nadat hul strooihut-klaskamers in die Maradi-streek in die suide van Niger aan die brand geslaan het. Verskeie ander is beseer en van hulle is in ‘n bedenklike toestand. Internasionale media berig die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Oorvol klaskamers in Niger word dikwels met hout en strooi uitgebrei wanneer die baksteenstrukture nie al die leerders kan huisves nie. Alle klasse by die skool is tans opgeskort.