‘Rwanda sal nie met hom laat speel nie’ July 6, 2025

Rwanda se president, Paul Kagame, het die VN-bemiddelde vredesooreenkoms met die DRK verwelkom, maar sê die land sal terugslaan indien die DRK nie daarby hou nie. Kagame het tydens ‘n nuuskonferensie gesê hy het sy bedenkinge oor die DRK se voornemens. Die vredesooreenkoms is verlede week gesluit en bepaal dat Rwanda se troepe binne 90 dae uit die DRK onttrek. Ontleders twyfel of die konflik spoedig sal eindig, aangesien M23-rebelle aanvoer die vredesooreenkoms het nie op hulle betrekking nie.