Kabeldiefstal kortwiek NoredJuly 6, 2025
Koperkabeldiefstal bly ‘n reuse-uitdaging vir Nored, met veral Rundu, Oshikango, Okongo, Ondangwa, Choto en seker dele van Kunene wat kwaai deurloop. Volgens Nored se woordvoerder, Simon Lucas, moes Nored reeds sowat 2,7 miljoen Namibiese dollar aan die vervanging van kabels en toerusting bestee. Dit sluit nie die verliese in wat deur kragonderbrekings weens diefstal veroorsaak word nie, sê Lucas.