Dalai Lama vier 90ste verjaardagJuly 6, 2025
Duisende Tibettaanse Boeddhiste het vandag na Indië se Himalaja-dorp Dharamshala gestroom om die 90ste verjaardag van die Dalai Lama te vier. Die Dalai Lama het volgelinge van sy “goeie fisieke toestand” verseker en gesê dat hy nóg 40 jaar – tot 130 – gaan leef. Vroeër vandeesweek het dié godsdienstige leier gesê planne is in plek vir ‘n opvolger om ‘n einde te bring aan langdurige spekulasie dat die 600-jaar-oue instelling met hom sou eindig.