Atletiek: Keniane skitter by diamantliga July 6, 2025
Kenia se Beatrice Chebet het Saterdag die wêreldrekord vir die 5 000 m vir vroue by die Eugene-diamantliga in Amerika gebreek. Die Olimpiese kampioen se tyd was 13 minute en 58,06 sekondes. Haar spanmaat, Faith Kipyegon, het haar eie rekord in die 1 500 m gebreek met ‘n tyd van 3 minute en 48,68 sekondes. Tydens dieselfde geleentheid kon Swede se Mondo Duplantis nie daarin slaag om sy eie wêreldrekord van 6,28 m in paalspring vir die 13de keer te breek nie.