Texas-kitsvloede eis ministens 24 July 5, 2025
Ten minste 24 mense is dood in kitsvloede in die Amerikaanse staat Texas. Owerhede het bevestig dat nog 25 mense, waaronder 20 kinders, steeds vermis word. Meer as 700 het die somerkamp bygewoon. Owerhede sê die meeste van die kampgangers is veilig, maar hulle kon nie onmiddellik ontruim word nie omdat hoë watervlakke plaaslike paaie onbegaanbaar gelaat het. Soveel as 25 sentimeter swaar reën het in net ‘n paar uur oor Central Kerr County uitgesak, wat kitsvloede van die Guadalupe-rivier veroorsaak het. Onafhanklikheidsdagvieringe regoor Texas is gekanselleer.