SA se poreuse grens kos belastingbetalers miljoene, daagliksJuly 3, 2025

AfriForum sê grensbeheer in Suid-Afrika het in duie gestort en dit stel nasionale sekerheid en openbare veiligheid in gevaar. Die burgerregte-organisasie sê meer as 100 gesteelde voertuie is sedert April vanjaar na Mosambiek oor die Kosibaai-grens in KwaZulu-Natal gesmokkel en in Limpopo steek tot ses voertuie elke dag onwettig die grens na Zimbabwe oor. Jacques Broodryk van AfriForum sê belastingbetalers bestee daagliks meer as 11 miljoen Suid-Afrikaanse rand op die meer as 24 000 ongedokumenteerde buitelanders wat in aanhouding is: