Namibië se buitelandse direkte beleggings groei aansienlikJuly 3, 2025

Namibië se inkomende buitelandse direkte beleggingsvoorraad het tot 10,995 miljard Amerikaanse dollar gestyg in 2024, vanaf 9,2 miljard dollar in 2023. Dit is volgens data in die Verenigde Nasies se konferensie oor handel en ontwikkeling, UNCTAD, se Wêreld Beleggingsverslag 2025, en is ‘n beduidende toename vanaf die 3,595 miljard dollar wat in 2010 aangeteken is. Dit weerspieël toenemende internasionale beleggersvertroue in die land. Namibië se uitgaande buitelandse direkte beleggingsvoorraad toon ook bestendige groei, en het vanaf 768 miljoen dollar in 2023 gestyg na 854 miljoen dollar in 2024.