Walvis-Nigerië skeepsroete sal uiters voordelig weesJuly 2, 2025
Afreximbank beplan om ‘n nuwe skeepsroete tussen Nigerië se Dangote-raffinadery en Walvisbaai te vestig om handel binne Afrika te bevorder. Dit vorm deel van pogings om Afrika se lae intra-kontinentale handelsvlakke aan te spreek, wat op 15 persent tot 18 persent staan, vergeleke met 70 persent in die Europese Unie. Afreximbank se dr. Gainmore Zanamwe sê die roete sal die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied ondersteun en die vloei van goedere oor die vasteland verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat.