Trump se Big beautiful bill net-net goedgekeurJuly 2, 2025
Die Republikeins-beheerde Amerikaanse senaat het president Donald Trump se Big, beautiful bill naelskraaps goedgekeur, na die stemme op 50 vir en 50 teen te staan gekom het en vise-president JD Vance die beslissende stem uitgebring het. Die Republikeine Thom Tillis van Noord-Carolina, Susan Collins van Maine en Rand Paul van Kentucky het saam met al 47 Demokrate teen die wetsontwerp gestem. Dit gaan nou terug na die Huis vir goedkeuring. Die minderheidsleier in die senaat, Chuck Schumer, het by ‘n perskonferensie gepraat.