Transitorowers buit N$500 000 by Total-diensstasie in LafrenzJuly 2, 2025

‘n Groep van ses transitorowers het toegeslaan by die Total Energies-diensstasie in Windhoek se Lafrenz industriële gebied en weggekom met sowat 500 000 Namibiese dollar. ‘n Heen-en-weer skietery het losgebars tussen die rowers en sekuriteitsbeamptes, maar geen beserings is aangemeld nie. Die verdagtes het weggejaag in ‘n Volkswagen Golf. Die polisie is op die toneel, wat teen omtrent 2-uur nog afgesper was. Inligting is nog skraps maar Kosmos 94.1 Nuus sal ‘n opdatering gee sodra dit inkom.