Studente ‘moet sê hê in taakmag oor gratis tersiêre onderwys’July 2, 2025

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het teleurstelling uitgespreek oor die uitsluiting van studente deur die nuwe taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso-president Dorothea Nangolo gepraat. Sy sê dat studente by die besluitnemingsproses ingesluit moet word.