Shanghala lê klag teen ACC oor Stefansson immuniteitJuly 2, 2025

Plaaslike media berig dat oud-justisieminister Sacky Shanghala ‘n kriminele saak teen die Teenkorrupsie-kommissie gemaak het. Hy meen die kommissie het onregmatig immuniteit aan die fluitjieblaser Johannes Stefansson,voorheen van Samherji in Ysland, toegestaan het. Stefansson het die Fishrot-skandaal oopgevlek. Shanghala het ook die kommissie se hoof Paulus Noa, sy adjunk Erna van der Merwe, die hoofondersoeker Andreas Kanyangela as respondente bygevoeg. Stefansson is die kommissie se hoofgetuie in die saak.