Palestyne het net een hoop oor, om nog ‘n dag te oorleefJuly 2, 2025
‘n Skietstilstand kan nie vinnig genoeg kom vir die inwoners van Gaza nie. Derduisende is dood en aanvalle duur daagliks voort, ook onder verhongerdes wat voedselhulp kom haal. Dr. Mohammed Abu Mughaisib, adjunk-mediese koördineerder vir Dokters Sonder Grense in Palestina sê hoop in Gaza is net om tot nog ‘n dag te leef.