Namibiër gesels oor hittegolf in Londen July 2, 2025
’n Hittegolf hou Europa steeds in sy greep, terwyl Brittanje ’n maksimum van 33,6-grade Celsius in Kent aangeteken het, wat dit die warmste dag van die jaar tot dusver maak. Namibiër Christo van Niekerk is tans in Londen… hy sê ons moet dankbaar wees.
In Turkye is 50 000 mense ontruim as gevolg van wegholveldbrande. Twee mense is dood in Italië, en dele van Portugal en Spanje het die hoogste temperature ooit in Junie ervaar. In Frankryk is ‘n rooi waarskuwing, die hoogste vir uiterste hitte, in werking in 16 streke, insluitende Parys, waar die boonste vlak van die Eiffel Toring gesluit bly.