Moontlike 20 miljard vate olie in PEL 87: PancontinentalJuly 2, 2025
Pancontinental Energy berig dat sy tegniese studies van PEL 87 aflandig van Namibië se suidkus ‘n moontlike olie-kapasiteit van meer as 20 miljard vate onder die Saturnus-kompleks aandui. Die kompleks is net noord-wes van die Kudu gasveld. Twee in-diepte studies, ‘n ontleding van die bekken-modellering en ‘n kwantitatiewe interpretasie van 3D-seismiese gegewens, bevestig die teenwoordigheid van koolwaterstowwe en hoë gehalte-reservoirs. Pancontinental se uitvoerende hoof, Iain Smith, sê addisionele siftingstudies word gedoen, en ook hersienings van hul beraming van voornemende hulpbronne en geologiese risiko’s. Dit behoort einde Julie klaar te wees. Pancontental bedryf PEL 87 met ‘n 75 persent belang, met Custos Investments wat ‘n 15 persent belang hou en Namcor 10 persent.