Gratis tersiêre onderrig moontlik, as Nsfaf ontbind wordJuly 2, 2025

In sy jongste kwartaallikse oorsig het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gratis tersiêre onderwys onder die loep geneem. Hy vra of die regering enigsins bronne aan hoër onderwys moet toeken. Indien aanvaar word dat die verhouding van fooie tot staatsubsidies oor tyd konstant bly, dan sou die afskaffing van fooie verdere besteding deur die regering van amper 921 miljoen Namibiese dollar aan Unam, amper 156  miljoen dollar aan Nust en amper 50 miljoen dollar aan Namcol impliseer, of ‘n totaal van 1,125 miljard dollar vir die huidige jaar. Dit is 42 persent van die bedrag wat vir Nsfaf begroot is. Hierdie syfers dui daarop dat die regering fooie kan afskaf en terselfdertyd Nsfaf en die gepaardgaande koste, kan afskaf.