Edelweiss bied direkte Zürich-Whk vlug vanaf Junie ’26 aanJuly 2, 2025

Daar is goeie nuus vir die Namibiese toerisme-bedryf. Kosmos 94.1 Nuus kan eksklusief bekend maak dat die Switserse redery Edelweiss vanaf 1 Junie 2026 twee weeklikse vlugte vanaf Zürich na Windhoek sal aanbied. Die vlugte sal seisoenaal vanaf 1 Junie tot einde Oktober bedryf word, vanaf Zürich op Maandae en Vrydae en sal direk wees. Die roete sal bedien word deur die moderne, brandstofdoeltreffende Airbus A350, wat ‘n besonder gemaklike en stil reiservaring bied.