AR verwelkom aksie oor hoë bankkosteJuly 2, 2025
Die Bank van Namibië is deur die parlementêre komitee op ekonomie, nywerheid en openbare administrasie beopdrag om ‘n impakstudie oor bankfooie en –heffings te finaliseer en dit so vinnig as moontlik aan die finansministerie te oorhandig. Dié verslag sal as riglyn dien vir die ministerie se regulasies wat op hoë bankkoste gemik is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die AR-parlementslid George Kambala.