Trump soek sy Big, beautiful bill teen Vrydag July 1, 2025

Senators voer op die oomblik debat ‘n wetsontwerp van byna 1 000 bladsye wat deurslaggewend sal wees vir president Donald Trump se binnelandse agenda. Die druk is aan omdat Trump wil hê die wetsontwerp, sy Big, beautiful bill, teen Vrydag, 4 Julie, goedgekeur moet word. Die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt sê Republikeine moet saamstaan. 

Elon Musk hou steeds sy kritiek oor die wetsontwerp vol en meen dit sal triljoene dollar se skuld byvoeg. Hy dreig as dit goedgekeur word sal hy onmiddellik ‘n nuwe politieke party, die America Party, stig.