Trump sê Doge moet dalk na Musk kykJuly 1, 2025

Die bekgeveg tussen Amerikaanse president Dondald Trump en sy voormalige bondgenoot, Elon Musk, het weer opgevlam. Musk het Trump se sogenaamde groot, pragtige wetsontwerp herhaaldelik gekritiseer, en aangedui dat dit sy werk by die departement van regeringsdoeltreffendheid, of Doge, om die regering se besteding te besnoei, ondermyn. Trump het aan verslaggewers by die Withuis gesê Musk is ontsteld omdat die aansporings om elektriese voertuie te koop, sal verval.

Hy het ook gesê Doge moet miskien na Musk kyk.