Starlink se aansoek word steeds hersienJuly 1, 2025
Die inligtingsminister, Emma Theofelus, sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Volgens haar het dié ontwikkeling die potensiaal om die plaaslike telekommunikasiebedryf, insluitend werksgeleenthede, positief of negatief te raak. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar plaaslike wetgewing bepaal enige buitelandse entiteit wat in die land sake wil doen, moet voldoen aan die vereiste dat 51 persent in plaaslike besit is. Starlink sy 51 persent eienaarskap behou en moes dus kragtens die kommunikasiewet by die lynminister aansoek doen om vrystelling.