SARB soek verlaging van inflasiedoelwitJuly 1, 2025
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die huidige 4,5 persent inflasiedoelwit verswak die rand en verdubbel pryse elke 16 jaar. In die Reserwebank se jaarverslag, vra Kganyago vir ‘n 3 persent teiken, wat in lyn is met globale standaarde. Kganyago beskryf die inflasiekoers van 2,8 persent in Mei, is ‘n uitstekende geleentheid vir hervorming. Daar word verwag dat die Reserwebank en die Tesourie beleidsoorsig-aanbevelings sal voorstel, wat ook uitleenkoers kan verlaag en prystabiliteit verbeter.