Saai hou boere se uitdagings op die voorgrond July 1, 2025
Die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Saai, sê die ware omvang van misdaad op die buurland se plase en in landelike gebiede word heeltemal onderskat omdat baie voorvalle nie by die polisie aangemeld word nie. Saai-woordvoerder, Leon Lourens, sê die statistiek van eksterne rolspelers en die SAPD se datastelsel, onthul dat slegs 50-persent van alle veediefstalle wat aangemeld word, in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se stelsel aangeteken word:
Dit kom na Saai se uitvoerende direkteur dr. Theo de Jager besoek afgelê het aan die VSA saam met Gerhard Papenfus en dr. Corné Mulder. Die uitdagings van Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere het onder die loep gekom.