Privaatsektor kredietverlenging groei op jaargrondslagJuly 1, 2025
Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlenging het in Mei effens gedaal tot 4,1 persent, van 4,5 persent in April. Dit is egter hoër as die 3,2 persent wat in Mei 2024 aangeteken is, sê Cirrus. Die gemiddelde jaar-tot-jaar groei van privaatsektor kredietverlenging vir 2025 tot op datum staan op 4,3 persent, wat hoër is as die ooreenstemmende tyd in die vorige vyf jaar. Op ‘n maandelikse basis het kredietverlening in die sektor met 0,6 persent gestyg, hoër as die groei van 0,1 persent wat in die vorige maand waargeneem is.