Onderwys in krisis weens swak beplanning: LPMJuly 1, 2025
Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, het onlangs gesê die meeste leerders in graad 3 sukkel om te lees en ‘n eenvoudige storie te verstaan. Nege uit tien kinders voldoen nie aan die minimumvereisters vir geletterdheid vir tienjariges nie, en skaars ‘n derde het geskikte syfervaardighede. Die LPM se menseregteleier Joyce Muzengua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.