Net hierdie vleis mag in bek-en-klouseer-vry sone ingebring wordJuly 1, 2025

Die Lewendehawe Produsente-organisasie het ‘n verklaring uitgereik oor die regulasies vir die inbring van vleis van gesplete-hoef vee na die bek-en-klouseer-vry sone. Dit kom na inkorrekte inligting aanlyn versprei is in antwoord op ‘n verklaring van die Direktoraat Veeartsenydienste wat die regulasies herbevestig het. Biltong en droëwors wat gehang het om droog te word mag nie in die bek-en-klouseer-vry sone ingebring word nie. Waneer dit eers gaargemaak of gekook is en toe gedroog is, kan dit ingebring word. Slegs vleis wat gaargemaak is, verkieslik gekook, en sonder bloed is mag in die sone ingebring word. Rou vleis word slegs toegelaat as dit streng volgens kommoditeitsgebaseerde handel-standaarde geproduseer is.