Namiese juniors wen 3 goud, 2 silwer by WêreldjeugspeleJuly 1, 2025
Vyf Namibiese junior-atlete het medaljes gewen by die Wêreldjeugspele in Gothenburg, Swede, waarvan drie goud was. Vier van die medaljewenners uit die Namibiese span van 15 was van die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso. Meer as 40 lande het aan die kampioenskap deelgeneem. Goue medaljes is gewen deur Ashley Martins van die Walvisbaai Privaatskool in die meisies onder-15 verspring; Matthew Coetzee van die Privaatskool Swakopmund in die 80 meter vir seuns onder-14; en L’Wyk Viljoen van Pro-Ed in die diskusgooi vir seuns onder-17. Silwermedaljes is gewen deur Jaco Potgieter van Edugate in die 400 meter hekkies vir seuns onder-17; en Elizabeth van Rensburg van Windhoek Gimnasium in die meisies onder-14 diskus.