Naiker sê GNU se finansiële stand is kommerwekkendJuly 1, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is besorg oor Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Stabiliteitsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van BBP sal styg, wat ‘n resep vir ‘n ramp is. Claude Naiker van die vakbond sê hy moedig die regering aan om sterk finansiële bestuurspraktyke te implementeer: