Meatco vra regsingryping na bees by vermeende dwelmhandelaar se voerkraal verdwynJuly 1, 2025

Korrespondensie deur Meatco se waarnemende uitvoerende hoof Patrick Liebenberg na die uitvoerende direkteur in finansies Michael Humavindu toon dat bees van die maatskappy by die Linden-voerkraal, die van David van der Linden, wat onlangs aangekla is na ‘n daggaplantasie op die grond, Eendrag gevind is, verloor het. Liebenberg sê hulle het ‘n ooreenkoms met Van der Linden sedert 2023 sonder enige probleme en alle prosedures is noukeurig gevolg, tot die insident in Mei vanjaar. Vergaderings is ook met die polisie se veediefstal eenheid gehou. Liebenberg vra vir toestemming om regstappe te neem en in verbinding met Van der Linden se regsman Evert Gouws te tree. Die Engelse dagblad berig die verlore bees beloop 400 diere ter waarde van 7 miljoen Namibiese dollar maar daar is nie in die skrywe hiervan melding gemaak nie.