Mariental in wese bankrot July 1, 2025

Die Mariental-munisipaliteit het ‘n tekort van 74,4 miljoen Namibiese dollar in 2024 aangeteken, teenoor 29,7 miljoen dollar in 2023. Dit is volgens die jongste ouditverslag deur ouditeur-generaal Junias Kandjeke. Die dorpsraad se laste staan op net minder as 224 miljoen dollar met bates van 81,5 miljoen dollar. Kandjeke sê dit is twyfelagtig of die munisipaliteit sy dienslewering verpligtinge sal kan nakom. Hy sê verder dat die dorp se bestuur nie met ‘n plan vorendag kon kom om die bankrotskap aan te spreek of om te keer nie. Die dorpsraad sê op sy beurt hy skakel oor na voorafbetaalde meters om skuldvlakke aan te spreek.