Kuberkrakers dreig om 100GB se eposse van Trump se binnekring te openbaarJuly 1, 2025

Kuberkrakers wat aan Iran gekoppel word, dreig om meer e-posse wat uit die Amerikaanse president Donald Trump se binnekring gesteel is, bekend te maak,. Dit kom na hulle net voor die 2024 verkiesing ook eposse geopenbaar het. Die kuberkrakers het aanlyn met Reuters gepraat en sê hulle het ongeveer 100 gigabytes se e-posse van die rekeninge van die Withuis-stafhoof Susie Wiles, Trump-prokureur Lindsey Halligan, Trump-adviseur Roger Stone en oud-pornoster Stormy Daniels. Die Amerikaanse prokureur-generaal Pam Bondi het die inbraak beskryf as ‘n onaanvaarbare kuberaanval.