Huldeblykwedstryd vir MessiJuly 1, 2025

Die Argentynse legende Lionel Messi gaan vereer word met ‘n huldeblykwedstryd op die Spaanse reus Barcelona se ikoniese stadion, Camp Nou, sodra opknappingswerk voltooi is. Hy het byna 20-jaar lank vir die span gespeel voor hy in 2021 na Paris Saint-Germain verskuif het. Messi het 520 doele aangeteken vir Barca en 34 titels verower, insluitend tien in La Liga en vier in die UEFA-Kampioeneliga. Die adjunk-president Elena Fort sê die huldeblyk moet plaasvind wanneer Camp Nou 100-persent voltooi is, en beskryf Messi as die beste speler in die klub se geskiedenis.