Bankfinansiering, wette voorsien nie vir alle boumaterialeJuly 1, 2025

Te midde van die behuisingstekort sê sommige munisipaliteite hulle het geen probleem met alternatiewe boumateriaal nie, mits dit veilig is en aan regulasies voldoen. Volgens Mariental se Paul Nghiwilepo is bankfinansiering die grootste struikelblok vir nie-tradisionele huise. Swakopmund se Alfeus Benjamin sê wetgewing en bouregulasies moet nog aangepas word. Kosmos 94.1 Nuus het met, Heinrich Amushila van die Shack Dwellers-federasie gepraat wat sy kommentaar daarop gee.