Asoli verkiesbaar in vyf dorpe in NovemberJuly 1, 2025

Die Vereniging vir Plaaslike Belange, of Asoli, het aangekondig hy gaan die rade van Windhoek, Karibib, Swakopmund, Ongwediva en Otjiwarongo teiken in die streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings op 26 November. Asoli se president, Joseph Kauandenge, sê in ‘n verklaring die party het verbysterende gegroei in die laaste drie maande gesien, wat alle verwagtinge oortref het. Hy het ‘n beroep gedoen op alle 18-jariges en diegene wat van kiesafdelings wil verander om tydens die aanvullende registrasie in Augustus te registreer. Kauandenge sê dit is van kardinale belang dat die jeug registreer en stem, aangesien die kwessies waarvoor Asoli veg basiese benodigdhede, soos die verskaffing van noodsaaklike dienste, behels.