Vier vroue verskyn vir N$400 000 se diefstal van Chinese baasJune 30, 2025

Vier vroue is op Ondangwa in hegtenis geneem vir beweerde diefstal en bedrog van bykans 400 000 Namibiese dollar van hul Chinese werkgewer. Die vroue, tussen 23 en 30 jaar oud, het na bewering van Januarie 2024 tot vandeesmaand vir hul eie finansiële gewin met kwotasies vir kliënte gepeuter. Die polisie-ondersoek duur voort.