Trump sê hy het ‘n koper vir TikTokJune 30, 2025

Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok. Die Chinese toep moes reeds op 19 Januarie vanjaar in die VSA verbied gewees het maar, Trump het reeds drie keer die sperdatum uitgestel, die jongste, tot September vanjaar. Trump het met Fox News gepraat.

Dit kom na wetgewing wat bepaal dat TikTok in Amerikaanse en nie Chinese besit moet wees na kommer oor Amerikaners se inligting wat deur die maatskappy se eienaar ByteDance aan die Chinese regering voorsien word.