SWATF-lede wil regering na Den Haag sleepJune 30, 2025

Volgens plaaslike berigte, beplan SWATF-lede om die regering na die Internasionale Geregshof te sleep om amptelike veteraanstatus te verkry. Volgens The Namibian eis die voormalige troepe ook dat die regering die 36 miljoen Namibiese dollar wat blykbaar aan die Swapo-regering tydens onafhanklikheid oorbetaal is vir hulle, uitbetaal word. Die ombudsman Basilius Dyakugha het onlangs gesê hy kan die lede nie bystaan as hulle nie bewys van die betaling kan voorsien nie. SWATF-lede ontvang geen voordele of herkenning deur die Swapo-regering nie terwyl Plan-soldate groot voordele ontvang.