Indiese leier Modi op pad na WindhoekJune 30, 2025

Indië se premier, Narendra Modi, sal op 9 Julie ‘n staatsbesoek aan Namibië bring. Volgens die presidensie sal president Netumbo Nandi-Ndaitwah Modi ontvang en die besoek het ten doel om nuwe gebiede van verbeterde samewerking te ondersoek. Bilaterale samewerkingsooreenkomste sal geteken word in handel en belegging, die omgewing, onderwys, gesondheid en inligting- en kommunikasietegnologie. Modi sal ook ‘n gesamentlike sitting van die parlement toespreek en die Helde-akker besoek.