Venesiërs vlam op oor Bezos-troueJune 29, 2025

Sowat 1 000 inwoners en aktiviste het Saterdag opgeruk in Venesië, waar miljardêr Jeff Bezos en Lauren Sanchez hul peperduur glanstroue gevier het, om teen ongelykheid, stygende lewenskoste en elitisme te betoog. Die historiese stad ly onder groot ekonomiese druk en die bevolking is die afgelope 50 jaar tot net 50 000 inwoners halveer. Die betogers het standpunt teen massa-toerisme, hoë huur en uitbuiting van werkers ingeneem. Bezos het ‘n geskatte 50 miljoen Amerikaanse dollar aan sy troue bestee.