Tennis: Alcaraz jaag derde Wimbledon-titel June 29, 2025

Carlos Alcaraz begin môre die verdediging van sy Wimbledon-titel teen Fabio Fognini volgens die loting. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, kan moontlik in ‘n halfeindstryd teen Novak Djokovic speel. Alcaraz het Djokovic in die laaste twee eindstryde kafgedraf en 18 agtereenvolgende oorwinnings behaal op pad na Wimbledon. Die Spanjaard hoop om slegs die vyfde man te word om drie agtereenvolgende Wimbledon-titels te wen. In die vroue-afdeling begin die verdedigende kampioen, Barbora Krejcikova, haar veldtog op die hoofbaan teen die opkomende ster, Alexandra Eala.