Johann Rupert gesels sake met Erongo June 29, 2025

Suid-Afrika se rykste man, die miljardêr Johann Rupert, het die naweek ‘n vergadering met Erongo-goewerneur Neville Andre oor beleggingsmoontlikhede in dié streek gehad. Rupert, ‘n geskatte 255 miljard Namibiese dollar werd, is die voorsitter van Richemont en besit luukse-handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels en Montblanc. Rupert se besoek aan Namibië volg kort ná dié van die Nigeriese miljardêr Aliko Dangote, die rykste man in Afrika.